Marinade vir volstruisvleis
RESEPTE: Annette le Roux FOTO'S: Dawie Verwey

Dit is lekker om 'n skaaptjoppie te eet met 'n lekker stuk vet aan, maar partykeer is jy net lus vir iets gesonder.

Deesdae kry jy vreeslik baie snitte volstruisvleis. Dis vakuumverpak in 'n marinade wat dit maklik maak om op reis te neem. As jy egter jou eie marinade wil maak, is dié een 'n wenner.

Jy benodig

  • Sap van 2 lemoene
  • 5 eetlepels heunig
  • 2 eetlepels tamatiepasta
  • ½ koppie sojasous
  • ¼ koppie olie
  • ½ koppie soetwyn
  • 'n Stukkie vars gemmer en 4 knoffelhuisies, ongeskil en in stukkies gesny.

Só maak mens

  • Meng al die bestandele
  • Gooi dit in 'n kastrol en kook dit vir 'n halfuur oor matige hitte totdat dit effens stroperig is.
  • Laat dit afkoel en gooi dit oor die vleis. Laat die vleis vir sowat 'n uur marineer.

Annette sê

Onthou om die gebraaide vleis vir 'n paar minute te laat staan voordat jy dit sny. As jy die vleis nie eers "rus" nie, loop al die lekker vleissappe op die plank uit.

Jy moet ingeteken wees om oor hierdie storie to gesels. Klik hier om aan te meld.

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.