Malvalekker-en-koekieburger
WegSleep #41 Januarie - Februarie
Resep: Tiaan Langenegger Foto: Ruvan Boshoff

Jy benodig
1 pak malvalekkers van jou keuse
1 pakkie gemmer-, sjokolade- of tenniskoekies
Só maak jy
1 Steek ’n paar malvalekkers op ’n lang, dun stok en braai hulle versigtig oor warm kole tot sag.
2 Trek die malvalekkers een vir een tussen twee koekies van die stok af.
WegSleep sê: Hou maar ’n ogie op die kinders, want ’n malvalekker kan baie warm wees as hy van die vuur af kom.
Jy moet ingeteken wees om oor hierdie storie to gesels. Klik hier om aan te meld.



