Lamskerrie
WegSleep #13 | Mei - Jun 2009
RESEPTE:Cass Abrahams FOTO'S: Ruvan Boshoff

Die beste manier om jou gesin te leer kerrie eet, is om ’n dis wat hulle reeds ken so ’n bietjie woema te gee. Hierdie is ’n lamsbredie met byt.

Jy benodig

  • 75 ml kookolie
  • 2 groot uie, gekap
  • 2 kardemompeule
  • 3 stukkies kassia
  • 4 naeltjies
  • 1 kg skaapvleis
  • 1 groot, ryp tamatie, gekap
  • 10 ml masala
  • 10 ml fyn komyn (jeera)
  • 5 ml fyn koljander (dhania)
  • 10 ml fyn vinkel (barishap)
  • 2 ml borrie
  • 10 ml fyngedrukte knoffel
  • 5 ml fyngedrukte gemmerwortel
  • 1 groen brandrissie, gekap
  • Sout na smaak
  • 6 klein aartappels, geskil
  • 60 ml gekapte koljanderblare

 
Só maak jy

  • Verhit die olie in ’n pot en voeg dan die uie, kardemom, kassia en naeltjies by.
  • Soteer die uie totdat dit deurskynend is.
  • Voeg die vleis en tamaties by en braai dit vir 10 minute.
  • Voeg die res van die bestanddele, behalwe die aartappels en koljanderblare, by. Sit die pot se deksel op en laat dit prut totdat die vleis net sag is. Voeg dan die aartappels by en laat dit gaar prut. 
  • Sprinkel die koljanderblare oor net voordat jy die kerrie opdien.


WegSleep sê

As Ouma se spysverteringstelsel nie sterk kosse kan hanteer nie, kan jy die brandrissie weglaat en ’n bietjie minder van die ander speserye gebruik.
 

Jy moet ingeteken wees om oor hierdie storie to gesels. Klik hier om aan te meld.

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.