Kool-en-spekgebak
WegSleep #8 | Julie - Augustus 2008
RESEPTE: Topsi Venter FOTO'S: Ruvan Boshoff
Die kombinasie van bestanddele val dalk vreemd op die oor, maar hierdie is ’n geurige en maklike bykos en dalk die enigste manier om kool in die kleinspan se keelgat af te kry. Die uitdrukking “kool sonder spek” kom van dié gereg.
Jy benodig
- ’n ferm koolkop
- twee pakke swoerdlose streepspek (250 g elk)
- varsgemaalde swartpeper
Só maak jy
- Sny die koolkop in sy breedte in skywe van sowat 8 cm dik.
- Pak ’n laag spek, gevolg deur ’n koolskyf, in ’n diep, vuurvaste pot. Maal ’n goeie skoot swartpeper oor elke laag. Doen so voort totdat die pot tot mooi vol is.
- Trek ’n stuk foelie oor die pot en sit dit op ’n gasstofie.
- Loer ná ’n uur of die kool al ’n goudgroen kleur het en gaar ruik. Die spek behoort teen dié tyd nog sag en sappig, maar goed gaar te wees.
WegSleep sê
So by my kool!
Jy moet ingeteken wees om oor hierdie storie to gesels. Klik hier om aan te meld.



