Koekstruif in 'n koeldrankglas
WegSleep #11 | Jan - Feb 2009
RESEPTE: Nettie Pikeur FOTO'S: Ruvan Boshoff

Gebruik ’n kombinasie van jou gunsteling- ingelegde vrugte vir hierdie maklike nagereg. Die grootmense kan ’n skeutjie soetwyn in hulle s’n kry.

Jy benodig (vir 4 porsies)

  • 3 blikkies vrugte van jou keuse – ons het pynappel, koejawel en vrugtekelkie gebruik, maar perske, peer en appel kan ook werk.
  • 1 boksie vla
  • 1 pakkie gemmerkoekies

 

Só maak jy

  • Giet al die oopgesnyde vrugteblikkies se stroop saam in ’n beker.
  • Krummel twee koekies onderin elke glas. Skink ’n klein bietjie van die stroop bo-oor sodat die koekies sag word en maklik onder ’n lepel meegee.
  • Skep in elke glas ’n laag vrugte, gevolg deur ’n paar groot skeppe vla en weer ’n lagie krummels. Skink ná elke lagie krummels ’n bietjie stroop oor. Hou so aan totdat die glas tot bo vol is.

 

WegSleep sê

As jy vergeet het om koekies te koop kan jy sommer met die glas se rand ’n paar sirkels uit snye witbrood druk en tussen die vla- en vrugtelagies pak. Die vrugtestroop (en daai soetwyn!) sal in die brood intrek en dit ’n lekker smakie gee.
 

Jy moet ingeteken wees om oor hierdie storie to gesels. Klik hier om aan te meld.

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.