Knoffelaartappels met kruie en swartpeper
WegSleep #14 | Jul - Aug 2009
RESEPTE:Tiaan Langenegger FOTO'S: Ruvan Boshoff

Hierdie is ’n eenvoudige dis wat jy op verskillende maniere kan opdollie. ’n Klontjie roomkaas bo-op die aartappels of ’n paar gehalveerde kersietamaties bygesny net voor jy opskep, sal die ding doen.

Jy benodig

  • 1 kg klein aartappels
  • vars roosmaryn
  • kookolie
  • botter
  • sout en swartpeper

 
Só maak jy

  • Sit ’n swartpot met water op warm kole en kook die aartappels gaar.
  • Vat ’n vel foelie, buig die randjies ’n bietjie op en sit dit op die rooster.
  • Gooi ’n bietjie olie op die foelie en dan die botter (die olie verhoed dat die botter brand en bitter word.)
  • Breek roosmarynblare in die botter en skep die warm aartappels daarin. Braai hulle tot ligbruin en geur dan met sout en swartpeper.

 
WegSleep sê

As jy lugtig is vir die foelie-truuk, kan jy ook ’n gewone, vuurvaste pan gebruik.
 

Jy moet ingeteken wees om oor hierdie storie to gesels. Klik hier om aan te meld.

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.