Jellie-en-vla-glase
WegSleep #16 | Oktober 2009
RESEPTE: Arina du Plessis FOTO'S: Ruvan Boshoff

Teen dié tyd het die kleinspan genoeg suiker in. Jellie en vla is ’n minder soet opsie vir nagereg, en dié wat reeds naar geëet is, kan die glasie huis toe neem.

Jy benodig

  • 1 pakkie rooi jellie
  • 1 pakkie groen jellie
  • 1 pakkie oranje jellie
  • kookwater en koue water
  • ’n paar helderkleurige jellielekkers
  • 500 ml koue, dik vla
  • kleursprinkels

 
Só maak jy

  • Soos vir die kerkbasaar. Maak elke pakkie jellie in ’n aparte bak aan. Voeg eers 250 ml kookwater by die poeier. Roer tot opgelos en voeg dan 250 ml koue water by en roer goed.
  • Kyk die verkeerslig! Giet die rooi, groen en oranje jellie in die plastiekglasies. Laat staan tot dit net-net begin stol voor jy die jellielekkers binne-in sit. (Die jellie moet al dik genoeg wees sodat die lekkers nie afsak nie, maar ook nie té veel gestol nie.)
  • Looi hom. Bêre die jellieglasies in die yskas. Skep net voor opdiening ’n paar groot lepels vla bo-op elke jellielaag en besprinkel liggies met kleursprinkels (of jelliepoeier).

 

WegSleep sê

Gebruik liefs groterige lekkers. Netnou verstik een van die gulsiger maatjies aan ’n Jelly Tot in ’n skeppie wildedril.

Jy moet ingeteken wees om oor hierdie storie to gesels. Klik hier om aan te meld.

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.