Hoender-en-spek-sosaties
RESEPTE:Tiaan Langenegger FOTO'S: Ruvan Boshoff
Dié sosaties is lekker om koud te eet en dit sal die vleistande aan boord gelukkig hou.
Jy benodig
(per persoon)
- 1 hoenderborsie
- 3 repies swoerdlose spek
- 1 lang houtsosatiestokkie
- olyfolie
Só maak jy
- Sny die hoenderborsie in drie stukke en draai ’n repie spek om elkeen.
- Ryg drie sulke bondeltjies op ’n stokkie en panbraai dit in ’n bietjie olie tot gaar.
WegSleep sê
Jy kan ook uitjies, pynappelstukke en sampioene tussen die bondeltjies vleis ryg vir kleur.
Jy moet ingeteken wees om oor hierdie storie to gesels. Klik hier om aan te meld.



