Heel vis met kruie, tamaties en suurlemoen
#40 Desember 2011
Resep: Tiaan Langenegger Foto: Ruvan Boshoff

Jy benodig
- 200 g babatamaties (gebruik verskillende soorte en kleure, indien moontlik)
- 'n hand vol vars koljanderblare, gekap
- 200 ml olyfolie
- sap van 4 suurlemoene
- sout en peper na smaak
- 1 heel vis, gevlek (ek het 'n rooiroman gebruik)
So maak jy
1 Sny die tamaties middeldeur en meng dit die koljander, sout en peper, die helfte van die olyfolie en die helfte van die suurlemoensap.
2 Proe en pas die smaak aan totdat dit vir jou reg is.
3 Smeer nou die vis met 'n bietjie olyfolie en sit dit oor lekker warm kole.
4 Draai die vis gereeld om en verf hom elke keer met olyfolie en suurlemoensap. Sprinkel sout en peper na smaak oor.
5 Vlok na 10-15 minute 'n stukkie van die vis om te kyk of dit gaar is.
6 Haal dit af en giet die tamatiemengsel oor die warm vis.
WegSleep sê: Enige vis wat jy gewoonlik sou braai sal werk vir die resep. Probeer gerus snoek, geelstert of dorado.
Jy moet ingeteken wees om oor hierdie storie to gesels. Klik hier om aan te meld.



