Hawermoutkoekies
’n Kindertyd-‘classic’
Ek onthou dié smaak uit my kinderjare. My ma het dit altyd gemaak ’n paar dae voordat ons Bettysbaai toe vertrek vir die w
intervakansie en ek het dikwels ’n paar koekies uit die blik gegaps terwyl ons nog op pad was.
Jy benodig
(vir ongeveer 2 dosyn koekies)
2 koppies hawermout
1 koppie klapper
1 koppie suiker
1 koppie koekmeelblom
1 teelepel koeksoda
’n knippie sout
1 koppie botter
1 eetlepel gouestroop
Só maak jy
1 Dinge raak warm. Voorverhit die oond tot 180°C.
2Maar ’n droë spul. Meng die droë bestanddele saam.
3 Choles-kastrol. Smelt die botter en die stroop in ’n kastrolletjie
oor lae hitte.
4 Swem, julle! Verwyder die kastrol van die stoof en roer die droë
bestanddele goed daarby in.
5Mmm…dit ruik lekker. Giet die mengsel in ’n gesmeerde bakplaat
en bak dit vir 1520
minute totdat dit goudbruin en gaar is.
6 Vinnig uit die blokke. Sny die baksel in blokkies terwyl dit nog
warm is, anders gaan jy baie sukkel.
WegSleep sê: Vir ’n sjokoladesmakie kan jy die een kant van elke hawermoutkoekie in gesmelte sjokolade doop en dit laat afkoel voordat jy die koekies in die koekblik pak.



