Hamburgers met tuisgemaakte ‘patties’ en ’n pynappelsalsa
Resepte: Tiaan Langenegger, Foto’s: Ruvan Boshoff

Hamburgers met tuisgemaakte ‘patties’ en ’n pynappelsalsa

  Jy benodig
  VIR DIE SALSA

  1 ryp pynappel (of geblik as dit al is wat jy
  kan kry)
  1 klein rooiui, fyngekap
  olyfolie
  sout en peper
  1 teelepel heuning
  pietersielie, gekap

  Só maak jy
  1 Kinderspeletjies. Sny die pynappel in klein
  blokkies en meng dit met die res van die
  bestanddele.

Jy benodig

VIR DIE ‘PATTIES'

500g gemaalde beesvleis
swartpeper
koljandersade
1 middelslag-ui, fyngekap
1-2 snye brood, in melk geweek
broodrolletjies van jou keuse
slaaiblare
tamatie, in skywe gesny

Só maak jy
1 Tyd vir bolle rol. Meng al die bestanddele in ’n mengbak
saam en rol met jou hande
bolletjies van die vleis, groot genoeg om die broodrolletjie mooi vol te lê.
2 Vir daardie flame-grilled smaak. Smeer nou die patties met olie en pak hulle in die rooster. Braai die patties in ’n toe rooster totdat dit ferm genoeg is om die rooster oop te maak.
3 Medium rare of well done? Jy kan nou besluit hoe lank dit moet vat: Indien jy hou van sappige patties, sal so 5 minute oor baie warm kole die ding doen.
4 Kamp-kunswerkie. Sny intussen die broodrolletjies oop en rangskik die slaaiblare en tamaties bo-op.
5 Tjoef-tjaf. Skuif dan die gaar pattie oor na jou broodjie en skep ’n bietjie van die salsa op – lekker vinnig!

WegSleep sê: Vir ’n pikante smakie kan jy ook ’n rissie fyn kap
en by die salsa inmeng. 

Jy moet ingeteken wees om oor hierdie storie to gesels. Klik hier om aan te meld.

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.