Gesmelte camembert met neute, heuning en ingelegde vye
WegSleep #17 | November 2009
RESEPTE Tiaan Langenegger, FOTO'S Ruvan Boshoff
Appelkooskonfyt en gerasperde cheddarkaas op ’n roosterkoek is koningskos. Maar as jy eers dié een probeer het, gaan jy nie terugkyk nie.
Jy benodig
- 1 wiel camembertkaas
- 1 eetlepel heuning
- ’n hand vol amandels en dennesade
- 3 groenvye
- foelie
Só maak jy
- Skeur ’n stuk foelie so lank soos ’n broodplank af en vou dit dubbeld.
- Sit die kaas in die middel van die foelie neer en vou die kante effens op om ’n bakkie te vorm.
- Sny elke groenvy in omtrent 4 wiggies en pak dit rondom die kaas.
- Sprinkel dan die neute en sade by en giet die heuning oor.
- Vou die foelie toe en sit dit oor matige kole bo-op die rooster.
- Die kaas behoort binne 5-10 minute te smelt.
- Maak die foeliepakkie versigtig oop en skep lepelsvol van die smeersel op ’n roosterkoek.
WegSleep sê:
Eet dit dadelik – as die kaas eers weer gestol het, verander die tekstuur en proe dit rubberig.
Jy moet ingeteken wees om oor hierdie storie to gesels. Klik hier om aan te meld.



