Gebakte nektariens met stroop
WegSleep #12 | Mrt-Apr 2009
RESEPTE:Bernice van der Merwe FOTO'S: Ruvan Boshoff

Gebakte vrugte verskaf daardie broodnodige soetigheid ná ete en laat jou nie oorversadig voel nie.

Jy benodig

  • 100 g haselneute
  • 100 g rosyne
  • 200 ml bruinsuiker
  • 300 ml vars lemoensap
  • sap van 1 suurlemoen
  • 6 tot 8 nektariens

Só maak jy

  • Plaas die haselneute in ’n pan en braai oor warm kole. Vryf dan die velletjies af in ’n vadoek en hou die neute eenkant. 
  • Verhit die bruinsuiker, lemoen- en suurlemoensap in die pan totdat die suiker opgelos is. 
  • Sit die heel nektariens binne-in die sous en laat prut dit vir sowat 20 minute totdat die sous ’n stroop word.
  • Kap die neute ’n bietjie fyner en gooi dit saam met die rosyne by die stroop. Sorg dat elke perske goed met stroop bedek is en sit dit voor met roomys of vla. (Verwilder eers die kinders.)

WegSleep sê

Jy kan ook die nektariens vooraf halveer en ontpit. Die gekookte helftes kan dan elk bo-op ’n geroosterde wafeltjie voorgesit word.
 

Jy moet ingeteken wees om oor hierdie storie to gesels. Klik hier om aan te meld.

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.