Boeretroos met kondensmelk
RESEPTE: Nettie Pikeur FOTO'S: Ruvan Boshoff

Intussen stoom die keteltjie al reeds op die vuur en jy’t iets nodig om die ergste soetheid mee af te sluk.

Jy benodig

  • sterk swart koffie
  • 1 blikkie kondensmelk
     

Só maak jy

  • Kap twee gaatjies oorkant mekaar in die blikkie se deksel.
  • Skink ’n beker stomende swart koffie.
  • Gee die koffie ’n goeie roer met ’n teelepel, sodat dit ’n draaikolkie in die middel maak.
  • Skink nou ’n dun straaltjie kondensmelk in die draaikolk en kyk hoe jou swart kwagga wit strepe op kry!


WegSleep sê

Kondensmelk is die ideale twee-in-een kopie. Jy’t nie ’n yskas nodig om die melk vars te hou nie, en ook geen irritasie van suikerkorrels op die tafelblad nie.
 

Jy moet ingeteken wees om oor hierdie storie to gesels. Klik hier om aan te meld.

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.