Bestanddele:
.jpg)
- 1 kg koekmeel, 1 pakkie droë kitsgis
- 2 teelepels so ut, 3 teelepels suiker
- 1½ koppie kookwater, 1½ koppie melk
Só maak jy:
1. Meng die droë bestanddele. Meng die melk en water en voeg dit by die droë bestanddele.
2. Knie die deeg vir 10 minute.
3. Smeer die deeg met olyfolie en sit dit in ’n platboom-swartpot of broodpan.
4. Laat die deeg rys vir sowat 30 minute, tot die pot amper vol is.
5. Bak dit vir omtrent ’n uur oor ’n koelerige vuur met ’n paar kole op die deksel.
Gebruik die deeg ook vir dié twee soorte brood:
Kruiebrood: Deel die deeg in drie en sit ’n laag onder in die pot. Strooi kruie, uie, knoffel en kaasmengsel oor (ek gebruik basilie, pietersielie en roosmaryn). Sit nog ’n laag deeg neer en sprinkel nog kruie op en bedek dit met die derde laag deeg.
Mieliebrood: Voeg ’n blikkie suikermielies by die deeg (met ’n bietjie minder vloeistof).



