Bloody Mary's
WegSleep #11 | Jan - Feb 2009
RESEPTE: Nettie Pikeur FOTO'S: Ruvan Boshoff

Terwyl almal hul sit om die vuur kry, kan jy gou-gou ’n verfrissende drankie aanmekaarslaan. Dis vir wanneer die Boeing al oor is, so teen12 nm. se kant.

Jy benodig (vir vier drankies)

  • 4 x 200g-blikkies tamatiesap
  • 4 skeute vodka (’n Skeut is ’n tot, Ouboet)
  • 2 teelepels suurlemoensap
  • 2 teelepels Worcestersous
  • ½ teelepel Tabasco-sous
  • Sout en growwe peper na smaak
  • 1 takkie vars kruid, soos marjolein of kruisement

 

Só maak jy

  • Meng al die bestanddele in ’n groot glasbeker met ysblokkies in.
  • Skink in glase en versier met ’n draai van die pepermeultjie en ’n ruietakkie.

 

WegSleep sê

As jy dié drankie te vroeg in die dag drink, mag jy dalk nooit die Boeing sien oorkom nie.
 

Jy moet ingeteken wees om oor hierdie storie to gesels. Klik hier om aan te meld.

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.