Biscotti met neute en sjokolade
Resep: Tiaan Langenegger Fotos: Ruvan Boshoff

Jy Benodig

  • 135 g witsuiker
  • 2 groot eiers
  • 1 teelepel vanieljegeursel
  • 245g koekmeel
  • 1 teelepel bakpoeier
  • 'n knippie sout
  • 1 pakkie neute
  • 'n hand vol sjokoladestukkies

So maak jy

1 Voorverhit die oond tot 180 °C.  Smeer 'n bakplaat met botter en bedek die bodem met bakpapier.

2 Klits die suiker en die eiers met 'n elektriese klitser totdat dit in dik drade van die klitser afdrup. Klits die vanielje in.

3 Sif die droë bestandele in 'n aparte bak saam. Meng dit dan geleidelik by die eier mengsel in totdat dit 'n deeg vorm. Roer laastens die neute en sjokolade by.

4 Sprinkel 'n bietjie meel op 'n werkoppervlak en keer die deeg daarop uit. Vorm twee langwerpige vorms (amper soos plat brode) en sit hulle op die bakplaat.

5 Bak dit vir sowat 25 minute en haal hulle dan uit die oond.  Pak die " brode" op 'n draadrak sodat dit kan afkoel. Verlaag die oondtemperatuur tot 160 °C.

6 Sny die afgekoelde " brode" in skyfies en bak dit weer vir 10 minute aan elke kant.

WegSleep sê: Prober 'n bietjie droëvrugte by die deegmengsel vir ekstra kleur en geur.

Jy moet ingeteken wees om oor hierdie storie to gesels. Klik hier om aan te meld.

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.