Bierbrood op die kole
WegSleep #1 | Januarie 2007
RESEPTE: Francette Coetzee FOTO'S: Ruvan Boshoff
Kyk, winkelbrood kan jy miskien klaar gesny koop, maar min dinge hou kers vas by vars tuisgebakte brood. Dié resep is so maklik, selfs die Magtige Olifante se pak voorspelers sal dit kan baasraak.
Jy het nodig
- 225 g volgraan meel
- 272 g bruismeel
- 1 teelepel sout
- 45 g botter
- 175 ml bier
- 175 ml melk
- 225 g cheddarkaas, gerasper
- 4 sprietuie, dun gesny
- Rooipeper
Só maak mens
- Sif die meel en sout in ’n bakkie. Smeer die botter in totdat die mengsel soos fyn broodkrummels lyk.
- Maak ’n gat in die middel van die deegmengsel en gooi 175 ml bier en melk by.
- Meng dit tot ’n sagte deeg. Knie dit nou liggies totdat die deeg elasties is.
- Vorm die deeg in ’n sirkel van sowat 25 cm in deursnee en plaas dit in die middel van ’n groot, ekstra sterk stuk foelie wat gesmeer is. Sny ’n paar kepe op die bokant van die deeg met ’n mes en strooi ’n bietjie bruismeel bo-oor. Vou die kante van die foelie bymekaar en verseël dit deeglik.
- Plaas nou die deeg in die foelie op medium warm kole vir ongeveer 10 minute aan albei kante.
- Maak die foelie oop en besprinkel die bo-kant van die brood met kaas, spriet-uitjies en ’n knippie rooipeper en laat staan dit vir nog so 5 minute op die kole, totdat die kaas gesmelt het. Bedien dit dadelik.
WegSleep sê
Nou kan jy maar die res van daai blikkie bier drink.
Jy moet ingeteken wees om oor hierdie storie to gesels. Klik hier om aan te meld.



