Beskuit met sesamsaad en rosyne
Knars-knars saam met koffie
Dit is ’n basiese beskuitresep wat ek met twee van my gunstelingbestanddele opgedollie het. Die sesamsaad sorg vir ’n neutagtige smaak, terwyl die rosyne se natuurlike soetheid amper ’n toffiesmaak gee.

Jy benodig
- 700g botter
- 3 koppies Bulgaarse jogurt
- 2 koppies suiker
- 100g sesamsaad
- 300g hawermout
- 200g rosyne
- 1,5kg bruismeel
- 3 eetlepels bakpoeier
- 1½ teelepel sout
Só maak jy
1 Stook die Dover. Voorverhit die oond tot 180°C.
2 ’n Soetsuur souserigheid. Smelt die botter, voeg dan die jogurt en suiker by en roer dit goed deur.
3 Al die reserwes draf uit. Voeg die sesamsaad, hawermout en rosyne by, sif die meel, bakpoeier en sout booor en meng alles goed deur.
4 Identiese tweeling. Verdeel die mengsel in 2 gesmeerde oondpanne en bak dit vir 45-60 minute.
5 Sit op die rak. Laat die gaar beskuit afkoel, sny dit dan in vingers en droog dit oornag op oondrakke uit teen 70°C.
WegSleep sê: In plaas vandie saad kan jy ’n koppie muesli gebruik.



