Agurkie-Remoulade
WegSleep #7 | Apr - Jun 2008
RESEPTE: Nettie Pikeur FOTO'S: Ruvan Boshoff
Nee, dis nie ’n skaalmodel van jou woonwa wat jy met agurkies bou nie, maar ’n klassieke Franse mayonnaise. En dis ’n smaaklike kamp-konkoksie wat heerlik is saam met groente en op brood. Selfs in die nanag, wanneer die kok ’n sousie vir sy oorskietvleis soek, is dit net die ding.
Jy benodig
- 2 koppies goeie mayonnaise (Hellman’s of Kraft is die beste)
- 4-6 sprietuie, fyn gekap
- 1 eetlepel vissmeer
- 1 eetlepel korrelmosterd
- sap van 2 suurlemoene
- suurlemoensap na smaak
- 4-6 fyngekapte piekelagurkies
Só maak jy
- Meng al die bestanddele behalwe die piekelagurkies proe-proe in ’n bak. Wat kort... nog sout? Nog mostert?
- Die piekels voeg jy laaste by.
- Bottel die rémoulade en bêre dit in die yskas.
- Sit nog piekels apart saam met die sous voor.
WegSleep sê
Maak sommer baie en hou dit in ’n groot fles. Die oorblywende rémoulade kan jy sommer die volgende dag as ’n slaaisous gebruik, op boereworsrolletjies sit wat sy man in Frankryk sal kan staan.
Jy moet ingeteken wees om oor hierdie storie to gesels. Klik hier om aan te meld.



