Aartappelslaai met tuisgemaakte mayonnaise
RESEPTE:Tiaan Langenegger FOTO'S: Ruvan Boshoff
Almal weet hoe om aartappelslaai te maak. Maar jou eie mayonnaise? Dís nou spoggerig!
Jy benodig
- sowat 10 klein aartappeltjies per persoon, gaar gekook
- 2 eiergele
- 1 eetlepel suurlemoensap
- 1 eetlepel suiker
- 1 eetlepel Dijon-mosterd
- ’n knippie sout
- 250 ml olyfolie
- 1 koppie jogurt
Só maak jy
- Laat die gekookte aartappels afkoel en sny elkeen middeldeur (met skil en al).
- Maak die mayonnaise deur die eiergele, suurlemoensap, suiker, mosterd en sout in ’n voedselverwerker te meng.
- Gooi die olie in ’n klein stroompie by en hou aan met meng totdat die mayonnaise ’n egalige tekstuur en kleur kry Geur dit met sout en peper na smaak.
- Voeg die jogurt by en meng dit goed.
- Gooi die mayonnaise oor die aartappels en roer dit versigtig sodat al die aartappels bedek word sonder om hulle te breek.
WegSleep sê
Dié pikante sousie smaak tog te lekker oor ’n happie hoendersosatie!
Jy moet ingeteken wees om oor hierdie storie to gesels. Klik hier om aan te meld.



