‘Jaffles’ met hoender, camembert en makataan
Resepte: Tiaan Langenegger, Foto’s: Ruvan Boshoff

‘Jaffles’ met hoender, camembert en makataan

Jy benodig (per porsie)
2 snye brood
’n halwe hoenderborsie, gebraai en in repe gesny
’n paar skywe makataankonfyt
’n kwartwiel camembertkaas, in plakkies gesny
’n bietjie botter

Só maak jy
1 Soos Jenga-blokkies. Maak ’n toebroodjie deur die hoen­der, makataankonfyt en camembert eweredig oor die een sny brood te pak en dan die ander een bo-op te sit.
2 Knyp hom vas. Smeer nou die buitekante met botter en knyp die toebroodjie in die jaffle-pan toe.
 3 Prestasie-analise. Braai dit oor die kole of  gasstofie. Loer maar elke nou en dan hoe die  broodjie vorder en draai die pan gereeld om.
 4 Geduld is die wagwoord. Die jaffle behoort ná  ongeveer 10 minute reg te wees, met ligbruin ringe  aan elke kant en die kaas wat gesmelt is.
 5 Ietsie vars is gepas. Sit dit voor saam met ’n  groenslaai of sommer net roketblare wat met olyfolie  besprinkel is.
 
WegSleep sê: As die brood aan die jaffle-pan bly vassit, kan jy Spray and Cook aan die pan se binnekant spuit.

Jy moet ingeteken wees om oor hierdie storie to gesels. Klik hier om aan te meld.

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.