Junie 2010
![]() | |||||||
| Tuis | Oorde | Sleepgoed | Kampkos | Sê Jou Sê | Die Forum | Multimedia | Wenke | Akkommodasie | |||||||
RedakteursbriefOns vra groot om verskoning as jy al kriewelrig begin raak het omdat jy nou eers jou WegSleep-nuusbrief ontvang. Ons was druk besig met nog ’n ekstra toevoeging tot die tydskrif waarmee ons in die Julie-uitgawe afskop. Ons gaan vir die volgende klompie maande met elke uitgawe ’n versamelkaart insluit met vier van die lekkerste resepte wat ons lesers met ons gedeel het. Jy kan die kaarte uithaal, knip en bêre vir jou kampkombuis. Hou dus jou oë oop. En as jy jou resep met ander lesers wil deel, kan jy dit gerus stuur na wegsleep@weg.co.za. En onthou, WegSleep se gids tot Suid-Afrika se 136 oorde met stergraderings is reeds op die rak. Die boek bevat ’n beskrywing, foto, kontakbesonderhede en GPS-koördinate vir elkeen van dié oorde. Die boek kos R49.95. Laastens, het jy gedink Chappies-papiertjies is die enigste bron van nuttelose inligting? Een van die stellings hieronder is geheel en al vals. Kan jy raai watter een?
Klik HIER vir die antwoord. Goed, alle grappies op ’n stokkie. As jy meer bruikbare inligting soek of net nuuskierig is oor wat al daardie mense so interessant vind op ons webwerf, gaan loer dan eerder in by www.wegsleep.co.za WegSleep-tydskrif | |||||||
![]() | Wegsleep-oordgids136 Kampplekke wat koning kraai. ‘n Volledige gids tot karavaanoorde in Suid-Afrika met amptelike stergraderings in 2010.
| ||||||
![]() | In dié uitgawe
| ||||||
Op die Web | |||||||
Oorde - Kgaswane-bergreservaat | Diertjies oral! | |||||||
![]() | As wildreservate familielede was, was Kgaswane daai verlangse oom waarvan jy nog altyd net vaagweg bewus was, tot hy jou een Kersfees met ’n groot geskenk verras het. Dié taamlik onbekende bergreservaat is skaars tien minute se ry buite Rustenburg se dorpskern en hier is meer as 800 stuks wild. Die reservaat is 53 km² groot en is die naaste wildernisgebied aan die Gauteng-metropool. Lees meer | ||||||
Sleepgoed - Bushman Tracker | |||||||
![]() | Prys (Basiese eenheid): R61,959 | ||||||
Kampkos - Poppadums | |||||||
![]() | Om jou eie poppadums te maak, beteken dat jy vir ’n week lank velletjies deeg in die son sal moet staan en omdraai. Koop liewer ’n pakkie by die supermark. Jy benodig
| ||||||
Soek kampplekke - Waar’s daai oord nou weer? | |||||||
![]() | Ons het ’n nuwe webwerf waar jy kampplekke regoor die land kan soek. Gaan na WegSleep se webwerf, klik op "Akkommodasie" en vind die regte wegbreekplek vir jou en die gesin. | ||||||
Die Forum - Dit gons op die forum, soos altyd! Lees wat sê die mense | |||||||
| |||||||











