Hymer Travel

Ryhuise vir Afrika

Dis ’n feit soos ’n koei. Suid-Afrikaanse paaie is nie soos Europa s’n nie. Hier is grondpaaie en slaggatte (en koeie. Red) volop. Dit is juis hieroor dat die Hymer-ryhuis fabriek in Duitsland spesiaal ’n Suid-Afrikaanse model maak vir Travelstar Motorhomes wat dié Duitse ryhuise na Suid-Afrika invoer.
Die model, wat as die Hymer Travel bekend sal staan, sal twee variante hê en sal teen einde September sy verskyning in Suid-Afrika maak. Wat gaan dié ryding kos? Omtrent soveel soos ’n huis sonder wiele; Tussen R980 000 en R1,3 miljoen.

Hymer Travel
Hymer Travel
Hymer Travel
Hymer Travel
Hymer Travel
Hymer Travel
Hymer Travel
Hymer Travel
Hymer Travel
Hymer Travel

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.