Hiermee Sleep Ek

Hiermee sleep ek

“Wat/waarmee sleep jy?” As jy al ooit in ’n karavaanpark om ’n braaivleisvuur gestaan het, het jy sekerlik al dié vraag gehoor. Watter voertuig werk die beste saam met ’n bepaalde karavaan of sleepwa?

By WegSleep wil ons nie voorgee om al die antwoorde te hê nie en gaan jou dus nie vertel van hoe goed die een of ander voertuig en karavaan is wat ons deur ’n promosie-ooreenkoms bekom het nie. Instede daarvan wil ons by ons lesers hoor wat húlle dink en waarmee húlle sleep. Wat werk goed, wat werk nie, waarmee het jy al ’n bloutjie geloop en het jy nou die regte kombinasie?

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.